Toevlug studie sentrum is 'n hawe waar individue die geleentheid gegun word om eerlike vraagstukke rondom God en die betekenis van die mensdom vanuit 'n Christelike perspektief te kan bespreek en bestudeer.

Die doel is nie primêr berading nie, maar eerder 'n plek waar denkend Christelike antwoorde ondersoek kan word deur gebed en studie in 'n omgewing van gasvryheid en hulpvaardigheid. Toevlug glo dat die Christelike lewens en wêreld beskouing die enigste vorm van weerbaarheid bied in ‘n post-modernistiese tyd.

Aan gaste word vriendskap en gemeenskap gebied vir diepe en ernstige studie in ’n informele omgewing.  Die doel is om ‘n konteks te bied waarin mense die Christelike lewens en wêreld beskouing  kan ondersoek veral gefokus op die toepaslikheid daarvan met betrekking tot hul eie lewe.

Toevlug bied toegang tot ’n groot hoeveelheid boeke, audio kassette, audio CD’s en video materiaal  vir studie.